Waarom sak borste?

Die meeste vroue ervaar met ouderdom dat hul borste begin sak. Dit is ‘n heel natuurlike verandering, maar min vroue hou van die effek wat swaartekrag op hul borste het.

Daar is baie inligting oor waarom borste begin hang – sommige van die redes is waar, terwyl ander onwaar is.

Die ligamente in die borste rek mettertyd soos ‘n vrou ouer word. Dit is gewoonlik die gevolg van swaartekrag, alhoewel daar ander oorsake ook kan wees.

Ware oorsake wat die elastisiteit van borste beïnvloed sluit in:

  • veroudering
  • tekort aan kollageen
  • tekort aan estrogeen
  • effek van swaartekrag
  • hoë liggaamsmassa
  • groter borsgrootte
  • menopouse
  • meervoudige swangerskappe
  • vinnige gewigsverlies gevolg deur gewigstoename (of andersom)
  • rook

Die verlies aan velelastisiteit as gevolg van veroudering is die algemeenste oorsaak wat borste beïnvloed. Nog ‘n groot faktor is rook, wat veroudering in alle dele van die liggaam versnel.

Swangerskap is ‘n ander oorsaak. Met elke swangerskap rek en krimp die melkbuise as gevolg van hormonale verandering, wat kan lei dat weefsel sak.

Groot borste het ‘n groter geneigdheid om deur swaartekrag af te sak.

Borsvoed (waar die baba aan die tepel suig), rek nie borsweefsel en veroorsak dat dit hang nie. Die hormonale verandering van swangerskap, is wat dit verander.

Die slotsom

Die elastiteit van borste word deur baie faktore beïnvloed. Borsvoeding, die dra van ‘n bra of nie dra van ‘n bra is nie dinge waaroor jy bekommerd hoef te wees nie.

Veroudering, swangerskap, rook en hormone is die belangrikste faktore.

Die belangrikheid van ‘n goeie bra moenie onderskat word nie. Dit en ‘n regop, selfversekerde postuur (liggaamshouding) kan die wêreld se verskil aan jou voorkoms maak. Maak gerus gebruik van klerewinkels wat ‘n gratis diens bied om met opgeleide personeel vir jou die beste bra te kies.

Deur Una Engelbrecht

6 thoughts on “Waarom sak borste?

  1. 920898 551829Why didnt I consider this? I hear exactly what youre saying and Im so happy that I came across your weblog. You actually know what youre talking about, and you created me feel like I ought to learn a lot more about this. Thanks for this; Im officially a huge fan of your weblog 75681

  2. 143762 315407An attention-grabbing dialogue is value comment. Im certain that its much better to write on this subject, towards the often be a taboo subject but typically persons are not sufficient to speak on such topics. To another location. Cheers 887432

  3. 192130 862875Hi, you used to write excellent articles, but the last several posts have been kinda boring I miss your super writing. Past several posts are just a little out of track! 954065

  4. 118193 233006Ive read several excellent stuff here. Definitely value bookmarking for revisiting. I surprise how significantly effort you put to create one of these superb informative web site. 960455

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this:
Enable Notifications    OK No thanks