Vas vir jou siel, verloor gewig as bonus

Kyla Rennie, 33-jarige mamma van twee seuns van Pretoria, het verlede jaar in Augustus besluit om die gewilde intermittent fasting wat op almal se lippe is, te probeer.

Sedertdien het sy 34,6 kg afgeskud en voel én lyk sy soos ‘n nuwe mens.

Wat presies ís intermittent fasting?

“Dis wanneer jy vir ‘n vasgestelde tydperk nie eet nie, met die doel om te probeer om die tydperke waarin jy nie eet nie, langer te maak. Die langste wat ek al sonder kos gegaan het, is 96 uur.”

Volgens Kyla fokus die eetplan nie soos ander diëte op wát jy eet nie, maar eerder wánneer jy eet. “Dit word op die menslike evolusie gebaseer. Ons voorvaders het nie yskaste en supermarkte tot hulle beskikking gehad nie en dit was vir hulle nie vreemd om vir lang tydperke sonder kos te gaan nie. Jy mag water, koffie, tee of enige ander drankies sonder kilojoules gedurende jou vasperiode inneem.”

Wérk dit?

“Ek het verskeie ander diëte probeer en dit het nooit gewerk nie. Of dit het gewerk, maar ek het na ‘n ruk alles weer opgetel. Ek het op 19 Augustus 2019 met intermittent fasting begin. Ek het toe 102,3 kg geweeg en ek weeg nou 67,7 kg.”

Moet jy oefening doen wanneer jy vas? Waar kry jy dan die energie daarvoor?

“Ek het aan die begin van my vas geoefen, maar die resultate wat ek gekry het, het beslis nie van die oefening gekom nie, maar die fasting. Jy word ook nie moeg of bewerig voor, tydens of ná oefening nie.”

Het jy ooit gevoel asof jy wil moed opgee?

“Ek is seker daar was tye toe ek gevoel het asof ek wil tou opgooi, maar as ek nou terugkyk, sien ek net hoe maklik dit was en hoe positief ek gebly het. Die kilogramme het omtrent weggesmelt!”

Het die gewigsverlies jou lewe op enige manier beïnvloed?

“O, ja! Absoluut. Ek moes my héle kas vol klere uitgooi. En dit alles was klere wat ek vir die afgelope 10 jaar van my lewe gedra het. Ek kon heeltemal van voor af begin.

Mense is maar geskok en is lief daarvoor om komplimente uit te deel. Ek kry omtrent elke dag een! Selfs ‘n dame by Spar het al agtergekom.”Kayla reken dis baie maklik om te vas. “Dit neem net tyd om die bal aan die rol te kry. Begin met ‘n 12 uur vas en tel die ure wat jy slaap by. Hou 19:00 op eet en eet weer 07:00 die volgende oggend.” –

Deur Caria van der Merwe

Wil jy die res van ons tydskrif geniet? Laai dit vinnig en maklik in PDF-formaat hier af:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this:
Enable Notifications    Ok No thanks