Foto: Canva

“Seks in die hoop dat hy my sal kies”

“Ek het drie maande terug uitgetrek. My eks waarmee ek die drie maande uitgegaan het is intussen getroud. Uit die bloute ontvang ek ‘n sms van hom. ‘Ek gee nog vir jou om, jy was altyd goed in die bed, moenie worry nie, ek delete al my boodskappe, jy kan my geheim wees’.”

Ek is ‘n ma van drie dogters, ouma van agt kleinkinders, mense wat my ken hou van my, vertrou my. Ek het my drie dogters grootgemaak met geen hulp nie. In die oë van my kinders en mense in my kring is ek ‘n baie gelowige (wat waar is) sterk vrou wat al soveel hindernisse oorkom het en altyd raad het en hulp aanbied vir almal om my.  Ek kla nooit nie en vra nooit hulp nie. Dis belangrik dat jy weet wie ek is, want my storie kan my dalk soos ‘n loslyfvrou laat lyk, wat ek beslis nie is nie.  En dit wat ek hieronder skryf, het ek nog nooit ooit aan enigiemand vertel nie…

‘n Mens sal dink dat wanneer iemand vra dat jy jou diepste, mees eerlikste, openlikste siening van jouself neerskryf, gaan dit moeilik wees en gaan jy mooi moet dink oor jou antwoord en baie diep in jouself gaan grawe vir die antwoord.

Tot my skok, kon ek feitlik direk die antwoord gee. Ek is weggooibaar, inruilbaar, omruilbaar, nie belangrik genoeg om iemand se prioriteit te wees nie, nie belangrik genoeg dat mense bereid is om vir my dieselfde te doen as wat ek bereid is om vir ander te doen nie.

Snaaks genoeg ek het nog altyd so gevoel. En ek kan nie regtig sê dat ek iewers in my lewe getraumatiseer is en dat dit die rede is waarom ek so voel nie.  Dis seker maar net hoe ek is.

Ek is ‘n ‘people pleaser’, ek WIL hê almal moet van my hou en as hulle nie van my hou nie voel ek soos ‘n mislukking.

Op skool as ‘n outjie in my belangstel het ek byna nooit toegelaat dat hy enigsins naby my kom nie, ek het hierdie don’t care houding gehad en hulle selfs partykeer lelik afgejak net om op te hou vlerksleep.

Ek onthou in st.5 was ek gekys met die populerste outjie in die skool. My beste vriendin se niggie sou toe die volgende kwartaal ook na ons skool toe kom, ek het met hom uitgemaak. Want sê nou net hy hou meer van haar as van my? Jare daarna was ek altyd bang om seunsvriende aan my sussies voor te stel want ek was bang hulle hou meer van my sussies as van my.

Ek is met ‘n baie sexy en populêre man getroud, maar ek het altyd in vrees gelewe dat hy my gaan verneuk en los. Wat toe ook gebeur het. Ons was 10 jaar getroud. Ek was 24 jaar alleen voor ek eers weer daaraan gedink het om in ‘n verhouding te gaan. Al my tyd het ek spandeer om te survive en my drie dogters groot te maak.

Ek het op ‘n dating site gegaan. Paar mans ontmoet, maar ek was heeltyd paranoid as hulle vir my iets sê. Ek het goeie vriende geword met van die mans, maar dit pla my nog altyd dat hulle my nie gekies het as hulle companion nie, ek’s die alewige goeie vriendin, nie goed genoeg om aan sy kinders en familie voorgestel te word nie, maar as hulle ‘n chat buddy nodig het was ek altyd daar, al het dit my seergemaak dat hulle oor hul dates praat het. Ek dit maar gesluk en gemaak of dit my nie pla nie. Ek is so gewoond om maar altyd die krummels te kry ek het hulle aandag opgeslurp. ‘n Paar het my net gebruik vir ‘n lekker sex talk sessie, of selfs seks en ek het dit toelaat in die hoop dat hulle my sal kies.

Ek het so vir drie maande met ‘n man uitgegaan, tot ‘n vrou my sms en vra of ons nog saam is, want hy stuur vir haar boodskappe. Ek het uitgemaak.  Maar tog toegelaat dat hy my nader hark vir skelm sekssessies. Ek het so vuil en cheap gevoel, dalk het ek onbewustelik gedink hy sal terugkom na my toe, al wou ek hom nie terughê nie,  dis moeilik om te beskryf.

Ek ontmoet toe ‘n man by wie ek intrek en ons het vir drie jaar uitgegaan, dis ‘n storie op sy eie, maar ek was so insecure in die verhouding ek dink ek het hom MAL gemaak. Ek kon niks geniet nie, want ek het geglo hy gaan my in elkgeval los. Die waarheid is dat ek eintlik rede gehad het om insecure te voel want hy het ook toe verhoudings gehad terwyl ons saam was.

Ek het drie maande terug uitgetrek. My eks waarmee ek die drie maande uitgegaan het is intussen getroud. Uit die bloute ontvang ek ‘n sms van hom. ‘Ek gee nog vir jou om, jy was altyd goed in die bed, moenie worry nie, ek delete al my boodskappe, jy kan my geheim wees.’

Die man by wie ek gebly het vir drie jaar message my dieselfde dag om te hoor of hy kan oorkom vir ‘n quicky…..

Dit het vir my gevoel asof iemand my met ‘n vuis in die maag slaan, ek kon nie asemhaal nie. Ek het letterlik op my knieë geval en uitgebars in trane, is dit hoe mans my sien? Die ene wat ons maar kan weggooi en inruil, kan seermaak en dan maar weer net nader kan hark as ons so voel?


(Ek moet ook bysê die drie verhoudings waarin ek was, het ek 200% van my kant af gegee, letterlik die ekstra myl geloop, bederf, geskenke gekoop, al die lekker bederfgoedjies gedoen en nooit niks terugverwag nie.

Na weke se introspeksie, trane, met God baklei en na 1000de Joyce Meyers geluister het, het ek besef, ek het hulle toegelaat om my so te behandel omdat ek elke stukkie aandag van hulle kant af soos ‘n stofsuiertjie opgesuig het.

Ek het al die mans geblok en besluit niemand sal my ooit weer soos ‘n nobody laat voel nie, second or third best.  Ek het ‘n tipe bevryding in my gees ervaar toe ek dit doen. Persoonlik dink ek nie ek sal ooit ‘n man volkome met my hart kan vertrou nie.

Dalk het ek dit alles na my toe aangetrek omdat ek dit van jongs af vas geglo het. Dalk is alle mans maar net so?  Dalk is dit God se plan van die begin af dat ek alleen deur die lewe moet gaan? Wie weet? Ek het definitief nie die antwoord nie.

As ek my storie kon verander, sou ek iemand ontmoet met letterlik ‘n bordjie om sy nek – ‘Aan Dream2B, van: God’. Iemand wat my waarde raaksien, my veilig kan laat voel, my as ‘n prioriteit behandel sodat daar GEEN insecurities is nie. Wat my ook nou en dan bederf en my sal opsoen en cuddle. Maar ja, dis seker in ‘n perfekte wêreld. Beslis nie my wêreld nie.

4 thoughts on ““Seks in die hoop dat hy my sal kies”

  1. Very good article! We are linking to this particularly great content on our site. Keep up the great writing.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: