Nege stappe tot perfekte grimering

Micayla Marais, grimeerkunstenaar, wys ons ’n eenvoudige voorkoms wat geskik is vir dag of aand. Jy kan hierdie voorkoms bereik deur die volgende nege eenvoudige stappe te volg.

Jy sal nodig hê:

  • Grimeerkwaste (Make-up brushes)
  • Grimeersponsie (Beauty blender)
  • Onderlaag (Foundation)
  • Gesigspoeier (Powder)
  • Nude eye shadow pallette
  • Maskara
  • Blosser (Blush)
  • Verhelderaar (Highlighter)
  • Lipstiffie van jou keuse

Wat om te doen:

  • Wend onderlaag aan met ’n onderlaagkwas. Meng die onderlaag met ’n klam grimeersponsie totdat dit glad en egalig is.
  • Wend die poeier eweredig op jou hele gesig met ’n poeierborsel aan.
  • Vul die wenkbroue volgens jou verlangde vorm in met ’n plat skuinskwas en ’n wenkbroujel of ’n bruin oogskadu.
  • Wend ’n ligte of medium mat oogskadu aan op jou hele ooglid en skakeer dit goed in.
  • Wend ’n klein hoeveelheid glimverhelderaar op jou wenkbroubeen aan om oë te laat uitstaan.
  • Met ’n klein skuinskwassie en medium of donker oogskadu kan jy ’n rokerige oogomlyner aan die rand van jou ooglid en ook onder jou oë aanwend.
  • Wend maskara aan.
  • Wend ’n bietjie blosser en verhelderaar op die wangbeen aan.
  • Aangesien die oë baie subtiel gegrimeer is, kan jy die perfekte lipstiffie kies. Dit is die geleentheid om ’n stelling met rooi lippe of uitspattige kleur te maak. Vir ’n dagvoorkoms sal “naakte” lippe ook sag en asemrowend lyk.

As jy hierdie voorkoms beplan vir ’n formele geleentheid, kan jy ook vals wimpers aanwend.

Finale stap:

Wees vol selfvertroue! Die wêreld het nou jou towerkuns nodig.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this:
Enable Notifications    Ok No thanks