Menstruasiekoppies – wát?

Die wêreld bly voortdurend ontwikkel. Nuwe produkte word vrygestel om óf geld te spaar óf meer omgewingsvriendelik te wees. Op die internet word daar dikwels van die menstruasiekoppie (menstrual cup) gepraat. Selfs skoonheids- en leefstyltoonaangewers, soos KandyKane op Instagram, maak video’s om dié soort koppies aan vrouens bekend te stel.

’n Menstruasiekoppie is ‘n klein, buigsame, tregtervormige koppie wat van silikoon of rubberlateks gemaak is. Dit word in die vagina geplaas om menstruasievloeistof op te vang.

Die koppie spring oop en rus teen die wande van die vagina. Dit vorm ‘n seël om lekkasies te voorkom. Die bloed drup dan in die koppie.

Die koppie kan meer bloed as ander metodes tydens menstruasie opvang. Dit word deur vroue as ’n eko-vriendelike alternatief vir tampons gesien. Die koppie kan tot 12 ure gedra word.

Om dit te verwyder, trek jy aan die onderkant en knyp die basis om die seël vry te laat. Dit word leeggemaak en met seep en water gewas. Aan die einde van jou siklus kan jy die koppie in kookwater steriliseer.

Bekende herbruikbare koppies sluit die Keeper Cup, Moon Cup, Lunette Menstrual Cup, DivaCup, Lena Cup en Lily Cup in. Daar is ook ‘n paar weggooibare menstruasiekoppies op die mark, soos die SoftSoft.

Hoe om ‘n menstruasiekoppie te gebruik

  • Was jou hande en die koppie;
  • Voordat jy die koppie kan insit moet dit eers gevou word – C-fold, 7-fold of punch-down fold;
  • Onthou om jou spiere te ontspan. Sit in ’n hurkposisie;
  • Sit die koppie in en laat dit seël.

Jy moet vooraf met jou ginekoloog praat indien jy ’n menstruasiekoppie wil gebruik. Om die regte grootte te kry, moet jy en jou dokter ’n paar dinge bespreek, soos byvoorbeeld jou ouderdom en lengte van jou serviks.

n Kleiner menstruasiekoppie word gewoonlik vir vroue jonger as 30 jaar oud, wat nog nie vaginaal geboorte gegee het nie, aanbeveel. Groter koppies word vir vroue ouer as 30 jaar, wat vaginaal geboorte gegee het en swaarder in gewig is, aanbeveel.

Wat is die voordele om ’n menstruasiekoppie te gebruik?

  • Dis bekostigbaar – Menstruasiekoppies kan oor en oor gebruik word en daarom is dit ’n eenmalige uitgawe. Ander menstruasieprodukte moet maandeliks aangekoop word;
  • Dis veiliger as tampons – Die kans om ’n bakteriële infeksie (toksiese skok-sindroom (TSS)) op te doen, is minder, aangesien menstruasiekoppies bloed eerder versamel as om op te neem;
  • Hou meer bloed – ‘n Menstruasiekoppie kan ongeveer 57 g bloed hou. Tampons kan net tot 9 g hou;
  • Dis beter vir die omgewing – Die koppies is omgewingsvriendelik en minder afvalprodukte word in die omgewing vrygelaat;
  • Dit kan nie tydens seks gevoel word nie (sommige handelsmerke) – Die sagte, weggooibare koppies kan inbly tydens seks. Jou maat sal nie die koppie voel nie en daar sal ook geen lekkasies wees nie;
  • Dit gee nie ’n reuk af nie – Menstruasiebloed kan ’n reuk afgee as dit aan lug blootgestel word, maar jou koppie vorm ‘n lugdigte seël.

Wat is die nadele om ’n menstruasiekoppie te gebruik?

  • Kan morsig wees – om die koppie te verwyder, kan ongemaklik wees, wat maak dat jy dalk mors;
  • Dit kan moeilik wees om dit in te sit of te verwyder. Jy moet dit eers reg vou indien jy dit wil insit. Dit kan ook moeilik wees om die onderkant van die koppie te knyp en uit te trek;
  • Dit kan moeilik wees om die regte grootte te kry. Daar is verskillende koppiegroottes en dit kan wees dat jy eers ’n paar handelsmerke moet probeer voor jy die regte een vind;
  • Kan ‘n allergiese reaksie veroorsaak. Jy kan dalk allergies vir die materiaal wees;
  • Kan vaginale irritasie veroorsaak. Indien die koppie nie deeglik skoongemaak word nie, kan dit ’n irritasie veroorsaak. Dit kan ook ongemak veroorsaak indien die koppie sonder ’n smeermiddel ingesit word. Dit is uiters belangrik om die koppie goed te was en moenie ’n weggooibare koppie hergebruik nie.

Deur Elbeth Marais

Wil jy graag die res van ons tydskrif lees? Klik hier!

18 thoughts on “Menstruasiekoppies – wát?

  1. 55608 34979Highest quality fella toasts, or toasts. will most surely be given birth to product or service ? from the party therefore supposed to become surprising, humorous coupled with enlightening likewise. finest man speaches 233953

  2. 29990 94413Very good day! This post could not be written any better! Reading this post reminds me of my previous room mate! He always kept chatting about this. I will forward this write-up to him. Fairly certain he will have a good read. Thanks for sharing! 389653

  3. 332346 70785Hello, Neat post. There is an issue along along with your website in internet explorer, may test thisK IE nonetheless could be the marketplace chief and a big section of folks will pass more than your outstanding writing due to this dilemma. 626195

  4. 585124 574687This really is a very good blog. Maintain up all of the function. I too love to weblog. This is excellent everybody sharing opinions 334930

  5. 639835 389448Of course like your website but you require to check the spelling on several of your posts. Several of them are rife with spelling issues and I find it extremely bothersome to tell the truth nevertheless Ill certainly come back once again. 945979

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this:
Enable Notifications    OK No thanks