LEWENSBEGINSEL 9: DENKE

  • Gedagtes is waarlik kragtig.
  • Jou brein stuur en ontvang daagliks boodskappe en gedagtes.

“Die oorsprong van enigiets in jou lewe is in jou gedagtes. Alles word daardeur bepaal. Hoe jy oor iets dink, wat jou reaksie op iets is, dit wat jy glo en ook hoe jy oor jouself voel.”

Hennie Terblanche, sport- en lewensafrigter, deel hoe kragtig  jou denke is en waarom dit belangrik is om bewus te wees van wat in jou gedagtes aangaan en hoe kragtig gedagtes kan wees.

“In die Bybel staan daar: ”Soos jy dink, so ís jy.” As ek dit so kort as moontlik uit ’n wetenskaplike oogpunt kan verduidelik, is dit dat elke gedagte aan ’n emosie gekoppel is. Elke emosie is gekoppel aan ‘n chemise stof wat deur jou hipotalamus in jou liggaam afgeskei word.

“Met ander woorde, elke gedagte het ’n sekere emosie wat ’n chemiese stof het wat soos jy ’n gedagte koester, in ’n nanosekonde in jou liggaam vrygestel word.

“Wanneer jy stres, voel jy na ’n ruk jou skouers, jou rug of jou maag is seer. Dit is die gevolg van hierdie stowwe wat in jou liggaam vrygestel word. Jou onderbewussyn is nie net in jou denke nie. Jou onderbewussyn bestaan oral in jou liggaam, wat dan hierdie tipe pyne veroorsaak.”

Gedagtes is waarlik kragtig

“Die oomblik wanneer jy ’n gedagte bedink, wórd jou liggaam op ’n chemiese en sielkundige manier daardie gedagte. Juis daarom is jou denke so kragtig. Jy kry nie sommer “af-tyd” in die gedagtewêreld nie. Dit wat jy dink, word in elke moontlike deel van jou liggaam en jou lewe uitgestraal.

“Veral gedurende die inperkingsperiode, is dit belangrik. Hoeveel persone hou hulself daagliks besig deur die moontlike  gevolge en chaos wat verwag word, te oordink? Ons weet dit is daar, maar onthou dit wat ek altyd sê: “Stel dadelik vas of jy iets daaromtrent kan doen.” As jy nie iets omtrent die situasie kan verander nie, waarom is jy besig om jou gedagtes met negatiwiteit te besoedel?

“Kry vir jou ’n plan A, plan B en plan C. ’n Plan vir elke moontlike scenario in die toekoms. Daarna moet jy egter hierdie dinge waaraan jy niks kan doen nie, uit jou gedagtes hou. Dink eerder in dankbaarheid aan kreatiewe, positiewe planne.”

Die boodskappe wat jou brein stuur en ontvang

“Jou brein funksioneer as ’n stasie wat voortdurend gedagtes en boodskappe stuur en ontvang. Soos jy gedagtes ervaar, skei jou liggaam ’n spesifieke frekwensie af. Die frekwensie bind aan dieselfde tipe frekwensie en trek dit dan na jou toe aan. Dis ook waarom daar staan: “Dood en lewe lê in die mag van die tong. Die een wat dit gebruik, sal die vrug daarvan eet.” Dit wat jy dink en praat, word uitgestuur en in jou lewe ingetrek.”

Vrouwees saam met Hennie Terblanche gaan in die volgende paar dae met julle gedagtes deel oor ’n ander, nuwe persepsie oor lewensbeginsels en waarom hulle so belangrik is. Klik hier om te lees waaroor dit gaan, of skakel vir Terblance by 072 245 1383.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: