LEWENSBEGINSEL 6: MY WARE IDENTITEIT

Waarin vind ek my identiteit en waardigheid?

Wat is my doel as mens hier op aarde?

Waarvoor in die lewe het ek ’n passie?

Wat is die verskil tussen my doel en my passie?

Begeleiding en aksie-stappe:

Hennie Terblanche, sport- en lewensafrigter, deel ‘n paar gedagtes, begeleiding en aksie-stappe om regtig selfondersoek in te stel, te besef waarin jy jou identiteit vind en waarom dit so belangrik is om te weet waarvoor jy lief en wat jou doel op aarde is.

“Te midde van alles wat om ons aangaan, is dit nou die perfekte tyd om rustig te raak en hierdie dinge te oordink. Dinge waaroor jy al lank wroeg of miskien vermy omdat jy nie daarvoor kans sien nie.

Waarin vind ek by identiteit? Wat is my doel hier op aarde? Waarvoor het ek ’n passie?

Wat is die verskil tussen my doel en my passie?

Net buite ons comfort zone lê die moontlikheid van groei en verandering. Ons moet soms goed sien, hoor of ervaar waarmee ons nie gemaklik is nie, omdat dit dalk later kan deel vorm van ons lewens.

Ons hoef beslis nie met alles saam te stem of van alles te hou nie. Dit is soms nodig vir iemand om stelselmatig deur die proses gelei te word. Die proses kan net plaasvind wanneer ons diep en ook logies oor goed dink. Ons het nou tyd, so kom ons gebruik dit.”

Vrouwees, tesame met Hennie Terblanche, gaan vir die volgende paar dae ‘n ander perspektief oor lewensbeginsels met julle deel. Lees hier waaroor dit gaan of kontak Terblanche by 072 245 1383.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: