Lewensbeginsel 1: Vrees

Wat is vrees?

Tot watter mate is dit deel van jou lewe?

Wat is die effek daarvan op jou lewe? Hoe beïnvloed vrees jou denke, optrede, beplanning, reaksie ens.?

Is daar aksie-stappe wat jy kan neem om te groei sodat vrees nie so ’n impak op jou lewe het nie?

Begeleiding en aksie-stappe:

Hennie Terblanche, sport- en lewensafrigter, gee vir jou begeleiding en aksie-stappe hoe om vrees in jou lewe te hanteer.

“Onthou, vrees is eerstens ’n keuse. Dit is ook ‘n aksie van geloof. Al sien of ervaar jy nog nie iets in die fisiese nie, is jy reeds oortuig dat dit is presies hoe dit gaan wees. Dis die prentjie wat in jou kop is. Jy is vas oortuig daarvan.

“Dit laat my dink aan Heb. 11:1 wat praat van wat is die definisie van geloof? Onthou nou, vrees ontstaan juis omdat ek onseker is oor môre. Of ek is bang vir die onbekende. Dit laat jou magteloos voel. Dan kry vrees plek in jou lewe.

“Daarom wil ek jou aksie-stappe gee hoe ons vrees kan teenstaan in ons lewens.”

  1. Evalueer dadelik die bedreigende of vrees-gedagte of situasie wat jy jou mee besig hou. Vra jouself af of jy fisies iets kan doen om dit nou te verander? As die antwoord ja is, dan doen jy dit. As die antwoord nee is moet jy op ’n plek kom wat jy dit aanvaar. Aanvaar beteken nie ek stem saam nie. Dit beteken nie ek hou daarvan nie. Dit beteken nie ek gee toestemming nie. Die oomblik as ek dit aanvaar, dan kan my gedagtes aanbeweeg na ’n ander gedagte toe.
  2. Jy moet in jou gedagtes oor die situasie wat jy negatief ervaar of waarvan jy nie hou nie, vir jou ’n positiewe prentjie in jou kop kry. Ek praat van ’n mind movie. Hoe sien jy die ideale uitkoms? Kry vir jou ’n prentjie daarvan. Sien jou eerder in die positief. Onthou, die negatief is ook wat jy as ’n prentjie in jou kop sien. Dit is wat jy nie wil hê nie. Create vir jou ’n mind movie oor die positiewe.
  3. Elke keer as jou gedagtes wil teruggaan na die negatiewe gedagtes, moet jy hardop vir jouself sê: “Stop! Ek gaan nie daar nie.” Dan moet jy dankie sê vir die positiewe resultaat waarvoor jy staan of wat jy graag wil hê. So begin jy jouself besig hou en te leer om jou gedagtes weg te vat van die negatiewe. Al is dit hoe ’n groot bedreiging vir jou. Onthou nou, dis nog nie fisies deel van jou lewe nie. Net so is die positief nog nie deel van jou lewe nie. Maar dit waarop ons fokus gaan ons oorweldig en soos ons dink, so is ons. Ek raai jou aan om dit te doen. Veral in dié tyd.

“Ons kan so baie die vrees praat. Kan ons iets daaraan doen? Nee. Kom ons begin ons oopmaak vir oplossings. Kom ons begin ons oopmaak vir die positiewe. Vir amazing goed wat kan gebeur.”

Neem vandag om bogenoemde te oordink. Ons deel môre lewensbeginsel twee. Hou vrouwees.com dop vir dit.

Vrouwees, tesame met Hennie Terblanche, gaan vir julle vir die volgende paar dae ’n ander perspektief gee oor lewensbeginsels. Lees waaroor dit gaan hier of kontak Terblance by 072 245 1383.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: