Foto: Canva

Jou diepste siening oor jouself

“Ek sal uit my pad uit gaan om ander te help sonder om iets terug te verwag, maar as ek hulp nodig het is niemand daar vir my nie.”

By Vrouwees wil ons vrouens verbeter, laat glo in jouself, jou laat goed voel, verryk en wys hoe wonderlik jy regtig is.

Ons is besig met ‘n Sielstorie-reis. Waar ons jou aanmoedig om saam met ons die pad te stap om jouself te vind. As jy wil deelraak van dié reis, stuur ‘n Whatsapp aan 0761633746, sodat ons vir jou ook ‘n profiel skep hier en jy kan saampraat onder ‘n skuilnaam. Die rede vir die skuilnaam is omdat ons wil diép gaan en dit is ongemaklik. Dalk praat ons makliker as ons nie so ontbloot is nie.

Soos jy glo, so is jy

Wat jy oor jouself glo, jou lewe en die wêreld skep en trek meer van die dieselfde na jou toe aan. As jy kan verander hoe jy na die realiteit om jou kyk en jou eie diep sielstorie herskryf, kan jy jou lewe begin verander. 

Vrouwees se sielsvrae:

Wat is jou diepste, mees eerlikste, openlikste siening van jouself? Wat glo jy is jou sielstorie? Hoe sien jy jouself?

“Ek is niks spesiaal nie ….was nog nooit en sal nooit wees nie. Ek was van kleins af maar ‘n stil, teruggetrokke persoon. Ek het nie aanmoediging of geen positiewe reaksie van my ouers of familie gekry nie. Ek was maar net daar.

Ek glo dit het ‘n tipe negatiewe effek op my gelaat ,want ek sien myself as net nog ‘n mens. Ek het geen doel in die lewe nie, ek is maar net hier. Ek het nou wel ‘n kind, so ek moet maar probeer positief wees en my kind gee wat ek nooit gehad het nie.


Op watter maniere speel dit wat jy van jouself glo, uit in jou lewe? Byvoorbeeld as jy glo mense stel jou altyd teleur – sien jy dit in jou lewe? Watter goed sien jy in jou lewe raak wat gebeur soos wat jy oor jouself glo? Is daar dinge in jou lewe wat dié “beliefs” wat jy oor jouself het, “confirm”?

Ek is dankbaar vir die paar mense wat in my lewe is en tog daar is vir my, maar almal verdwyn altyd uit my lewe uit. Ek voel soms nie goed genoeg om saam my vriendin te wees nie, nog minder goed genoeg om in ‘n verhouding te wees nie, want ek word altyd net gebruik /gespeel.


“Ek het op ‘n tyd groot drome gehad vir myself, maar ek sien nie myself in ‘n ander prentjie as swaarkry en alleen wees nie. Ek sal uit my pad uit gaan om ander te help sonder om iets terug te verwag, maar as ek hulp nodig het is niemand daar vir my nie
.”


As jy jou sielstorie, dit wat jy oor jouself glo, kon verander, hoe sal jou storie lees?

Ek glo as my kinderlewe anders was sou ek ‘n ander mens gewees het (beter mens) as wat ek nou is, dalk meer positief, meer van myself gedink het, beter presteer het en meer van ‘n selfbeeld gehad het.”



Total Page Visits: 385

2 thoughts on “Jou diepste siening oor jouself

  1. Ek wens ek kan die dinge gedoen kry en die miljoene rande maak wat ek al planne voor gehad het, die plaas koop wat almal oor gelag het, die karre ry wat almal sal beny en die Super Ryk tannie wees wat my familie oor sal kan praat en bragg soos die Engelsman sê.

    Maar ek het net baie stories om te vertel, van al die sovele planne wat nooit gerealiseer het nie en niks om daarvoor te wys nie, behalwe n lang geskiedenis van faal in alles, veral finansieel. My familie is almal vermoë en ek die enetjie wat altyd alles mis, want ek het nie geld om daar te wees nie, eintlik te veel trots om dit te erken.
    Tussen hulle voel ek altyd die “odd one out” en asof ek hulle teleurstel in alles, ek is ten minste die oudste, moet mos meer he as almal saam. Toe nou glad nie so nie.

    Als wat ek voorspel gebeur gewoonlik, dis asof GOD my n 9nde sintuig gegee het, ek spreek goed wat almal dink ek is van lotjie getik en dan gebeur dit so, dan dink hulle eers ek het geen varkies op hok.
    Ek is meer bek as binnegoed, voel meer na faal as sukses, al gebeur dinge positief.

    My hordes GOD gegewe talente is verberg onder my vrese om uit te gaan en dit alles vir myself te doen. Ek is bang ek faal nog n keer – OF – dalk is dit n sukses en mense is life vir my net omdat hulle iets kan kry, omdat ek dit al sovele kere beleef het. Geen tekort aan vermoeëns nie, dis meer binne-vrees as iets anders.

    Ek bly in baie mooi plek, ry met duur sport motors rond, altyd gedress vir sukses, lyk altyd na spoggerige gemaakte
    het-alles-tipe vrou maar in werklikheid is dit alles iemand anders sn en ek het niks.

    Fake vrou soos fake kan droom om te wees!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this:
Enable Notifications    Ok No thanks