Foto: Canva

Jou diepste siening oor jouself

“Daardie klein goedjies wat weer uit Pandora ontsnap het, hul sit weer wydsbeen oor my hart met hul koue vingers. Ja, ek is nie perfek nie.”

By Vrouwees wil ons vrouens verbeter, laat glo in jouself, jou laat goed voel, verryk en wys hoe wonderlik jy regtig is.

Ons is besig met ‘n Sielstorie-reis. Waar ons jou aanmoedig om saam met ons die pad te stap om jouself te vind.

Soos jy glo, so is jy

Wat jy oor jouself glo, jou lewe en die wêreld skep en trek meer van die dieselfde na jou toe aan. As jy kan verander hoe jy na die realiteit om jou kyk en jou eie diep sielstorie herskryf, kan jy jou lewe begin verander. 

Vrouwees se sielsvrae:

Wat is jou diepste, mees eerlikste, openlikste siening van jouself? Wat glo jy is jou sielstorie? Hoe sien jy jouself?

Ek staan vanoggend naak voor jou. Ja jy! Die een wat na my spieëlbeeld staar vanaf die kantlyn. Die beroepsvrou, enkelouer, die standvastige een. Als is altyd beplan en uitgesorteer. Die een wat hugs en liefde uitdeel, wie se huis altyd oopstaan vir ‘n koppie koffie of net ‘n inloer. Die DIY Queen van die vriendekring. ‘Gee haar ‘n kwas en verf en sy is maak vir jou iets kreatiefs.’ Die eie ‘ek.

Vanoggend sien jy my oë, my wese, my gevoelens, wat weer vlak lê. Daardie klein goedjies wat weer uit Pandora ontsnap het, hul sit weer wydsbeen oor my hart met hul koue vingers. Ja, ek is nie perfek nie.
Die seer van gister, teleurstellings, misbruik, verniel, al die goodbyes.
Twyfel aan die liefde, jy met die bos blomme – is jy die een? Of is jy een, wat net nog ‘n gister gaan raak. Die liefde wat my bly ontwyk. Gaan jy die leemte vul?
Vandag rebelleer ek teen my vrouwees, die lewe, als in my wese en die trane lê vlak… Die moegheid van what if en maybe. Die oormoegheid van lang ure se werk.
‘Wat is fout met my?’ Daardie vraag wat so ongesiens nader sluip. Hierdie wese wat uit die spieëlbeeld vir my terugstaar: WIE IS JY?


Die musiek moet vandag raas, ek wil my gedagtes nie hoor nie, als binne my moet reggeskud word op die ritme van die musiek. Ja, ek rebelleer vandag, teen die goed en kwaad binne my. Die koue vingers krap, krap weer diep aan my siel se rowe.
Dan onthou ek my engel-vriendin se woorde: ‘Jy is sterk, ek kyk op na jou. Niks kry jou ooit onder nie. Ek wens ek was soos jy.’
Dit is die wit vere wat die Here oor jou pad stuur. Hartsmense, jou mense die wat als die moeite werd maak. Daardie sagte kloppie aan die deur, die groen-oog tiener wat regstaan met ‘n koppie tee. ‘Ma, is jy ok? Hier is tee. Ma sê altyd tee en ‘n ma se soene maak als beter’.


Dit is wanneer jy weer als wegpak in jou Pandora-kis. Jy kyk na my vanaf die kantlyn, jy sien my lagplooie, my humorsin wat ook nooit sal wyk…
Die middellyf wat nie meer ‘n middel het nie, die bene wat nie meer ‘n kort rokkie waag dra nie. Hoe gaan daardie lied? ‘Dikkelicious’. Ja, dis ek.
Ek moet maar vir myself lag, ten spyte van al die grondpaaie is daar altyd humor. Niks sal my ooit onder kry, die Here stuur altyd sy engel-vere oor my pad. Mooi loop.

7 thoughts on “Jou diepste siening oor jouself

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: