Gratis: Wenke om jou vel te versorg in hierdie tyd – olierige vel

Vrouwees gaan gereeld vir julle gratis wenke hier op ons webtuiste plaas oor hoe om jou vel te laat herstel en versorg in hierdie tyd.

Baie van ons sukkel met droogheid, sensitiwiteit en aknee met die oorgang van die seisoen. Waarom is dit so?

Wanneer die lug begin uitdroog, ly ons velle ook daaronder omrede daar nie genoeg vog in die lug is wat ons velle kan aantrek en gebruik om gesond te hou nie. Dit is daarom belangrik dat jy daagliks ‘n goeie velversorgingsroetine het om vog terug te plaas in jou vel en gesond te hou. Dit is ook belangrik dat jy genoeg water inneem om jou vel te help.

My vel is olierig en dit raak erger as ek uitdrogingsprodukte gebruik

Hier is die scenario:

Jou vel is olierig. Jy was dit 2 – 3 maal per dag met ‘n reiniger wat geformuleer is vir olierige vel. Jou vel voel baie droog na reiniging maar dit pas jou, want jy het mos te veel olie. Jy gebruik ‘n toner wat alkohol bevat. Jou vel brand asof dit vlamgevat het. Jy byt op jou tande, want dit moet mos so wees. Jy gebruik ‘n vogroom wat ontlae raak van al die olie en jou vel brand nog effens. Jy vel voel nou seer, maar darem geen olie. Dit hou twee ure. Jou vel word weer olierig (erger). Jy sit baie poeier op om die olie te absorbeer. Dit gaan goed vir ‘n rukkie, maar die olie keer nog erger terug. Jy kry ‘n uitslag. Jy wil jou hare uit jou kop uit trek. Jy haat jou vel.

Hier is die oplossing:

Jou vel is olierig. Jy reinig slegs een maal per dag in die aand met ‘n reiniger wat nié uitdroog nie. Jou vel voel wonderlik na reiniging. Jy gebruik ‘n toner wat nie alkohol bevat nie. Jou vel brand glad nie. Jy gebruik ‘n vogroom wat olies bevat (ja jy lees reg) om die olie in jou vel te balanseer, beskerm en gesond te hou. Jou vel voel heerlik, koel af en word nie weer olierig vir die res van die dag nie. Jy is mal oor jou vel.

Hoekom? Want jy het nou vir jou vel gesê hy is okei en dat dit nie nodig is om ekstra olie te maak om te herstel nie. Wanneer jy jou vel stroop van baie nodige olie sodat dit uitdroog, dink jou vel daar is fout en maak dan ektra olie om homself te beskerm.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: