Essensiële olies en swangerskap

Een van die grootste omstrede onderwerpe in die wêreld van essensiële olies is die gebruik van hierdie olies tydens swangerskap.

Sodra jy dit opsoek, sal jy dadelik sien dat meeste webtuistes jou afraai om enige essensiële olie te gebruik tydens swangerskap.

Hoekom is dit so? Eerstens, essensiële olies is nie ‘n gepatenteerde produk nie en daarom is daar min wetenskaplike navorsing daaroor.

Meeste van die studies wat wel gedoen is, is op diere getoets en die effek op die dierfetus in die baarmoeder.

Hier is die probleem. Diere reageer heeltemal anders teenoor essensiële olies as mense. Wat ‘n negatiewe effek op ‘n dier het, het nie noodwendig ‘n negatiewe uitwerking op ‘n mens nie.

Wanneer dit kom by swangerskap, word vrees by die verwagtende mamma geskep. Daar is egter geen rede vir vrees nie; daar is wel essensiële olies wat veilig gedurende swangerskap gebruik kan word.

Ek werk al 14 jaar met essensiële olies en my oudste seun is nou 11.

Ek gebruik hierdie olies al vandat ek swanger was met hom en het dit deur al drie my swangerskappe gebruik.

Hierdie olies het inteendeel baie verligting vir my gebring.  Wat wel ‘n negatiewe uitwerking kan hê, is die feit dat jou reuksintuig baie sensitief is tydens swangerskap en die geur van essensiële olies mag dan oorweldigend voorkom.

Top vyf mites oor die gebruik van essensiële olies gedurende swangerskap:

  • Essensiële olies tydens swangerskap kan die mamma skade berokken.
  • Peperment essensiële olie stimuleer die uterus, wat verwagtende vroue in vroeë kraam kan laat gaan.
  • Frankincense stimuleer bloedvloei in die baarmoeder en veroorsaak menstruasie en miskrame.
  • Alle essensiële olies is gevaarklik tydens swangerskap vir babas in utero.
  • Kontak jou dokter of vroedvrou voor jy essensiële olies gebruik.

Opsommend: die boonste stellings is presies wat dit sê – dit is mites. Kom ons klaar dit uit.

Ja, sommige essensiële olies is skadelik tydens swangerskap, maar nie net vir swanger vroue nie, maar vir alle mense. Ek is passievol hieroor, want kliniese toetse wat die veiligheid van essensiële olies tydens swangerskap evalueer, is beperk. Dit gee egter nie mense die lisensie om te adviseer teen sekere olies nie. Hier is ‘n lys van essensiële olies wat nie veilig is nie, hetsy vir swanger vroue of enigeen in die algemeen. – Dr. Eric Zielinski, DC

  • Birch
  • Camphor
  • Mugwart
  • Parsley seed or leaf
  • Pennyroyal
  • Tansy
  • Tarragon
  • Thuja
  • Wintergreen
  • Wormwood

Kliniese navorsing het getoon dat roosmalva en laventel essensiële olie met peperment ‘n spasmolitiese middel is – dit help om spierspasmas te verlig en kan die baarmoeder kalmeer. Die teorie dat peperment ‘n baarmoederstimulant is, is eenvoudig nie wetenskaplik gegrond nie. Inteendeel, presies die teenoorgestelde is waar. – Dr. Eric Zielinski, DC

Die bewering dat wierookolie (Frankincense) ‘n spontane aborsie kan veroorsaak, gaan nie oor die olie nie, maar oor die brandende wierook.

Dit is interessant om daarop te let dat byna 30% van Irakese vroue wierook tydens hul swangerskap gebruik, wat daarop dui dat dit buitengewoon veilig is, anders sou ‘n derde van hul bevolking gereeld aan mutagene blootgestel word en siek word. – Dr. Eric Zielinski, DC

Ek het deur my eie swangerskappe wierook essensiële olie gebruik en ek kan met vertroue sê dat hierdie olie veilig tydens swangerskap is.

Daar is min of geen navorsing dat die inaseming, interne inname of aansmeer van essensiële olies tydens swangerskap enigsins skadelik is vir fetusse nie. In die woorde van die boek, Aromatherapy for Health Professionals, is daar geen bewys dat enige essensiële olie ooit skade aan ‘n embrio of ontwikkelende fetus veroorsaak het nie. Geen toetse is nog ooit uitgevoer nie, omdat die moontlikheid dat essensiële olies genetiese mutasie of misvorming veroorsaak, onwaarskynlik is.

In die woorde van dr. Jane Buckle, skrywer van Clinical Aromatherapy, is die gebruik van essensiële olies tydens swangerskap ‘n omstrede onderwerp, veral gedurende die noodsaaklike eerste drie maande periode. Dit is baie onwaarskynlik dat ‘n bad saans, wat ‘n paar druppels essensiële olies bevat, probleme vir die ongebore kind sal veroorsaak. Daar is geen rekord van abnormale fetusse of geaborteerde fetusse as gevolg van die ‘normale’ gebruik van essensiële olies nie, hetsy deur inaseming of deur middel van toediening.” – Dr. Eric Zielinski, DC

Dokters en vroedvroue word nie gewoonlik opgelei oor essensiële olies nie. Kontak dus ‘n gekwalifiseerde aromaterapeut. Om die beste besluit te maak, doen jou huiswerk en vertrou slegs betroubare bronne met goeie verwysings. – MariaanThomas (Aromaterapeut, Dipl. CTAA)

Lees ons volledige tydskrif hier:

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: