Foto: Canva

“Ek wil nie attached raak nie, jy weet?”

“Die negatiwiteit kan mens se hele wese verander. Ek glo dat ek op hierdie manier baie mense wegstoot omdat ek met insecurities sit wat oor die jare gekweek is deur mense se opinies. Ek kan dit sien in my lewe, want ek sit sonder vriende, ware vriende. Ek hou myself eenkant, want ek is so bang nog oordeel word my toegesnou.”

My mees openlikste siening van myself is dat ek ‘n harde persoon is. Ek het ‘n klein hartjie, met die wêreld se omgee binne-in, maar ek versteek dit agter ‘n harde persoonlikheid. Dit is my manier om myself te beskerm, nie te attached te raak nie, jy weet? Ek is al deur baie seer in my lewe en is al geoordeel deur my naastes oor keuses, reg of verkeerd. Daarom is dit vir my makliker om eerder stil te bly oor my wense, drome en keuses.

Die negatiwiteit kan mens se hele wese verander. Ek glo dat ek op hierdie manier baie mense wegstoot omdat ek met insecurities sit wat oor die jare gekweek is deur mense se opinies. Ek kan dit sien in my lewe, want ek sit sonder vriende, ware vriende. Ek hou myself eenkant, want ek is so bang nog oordeel word my toegesnou.

Die mense naaste aan my, weet dat ek eintlik baie liefde het om te bied, baie omgee en dat ek berge sal versit vir iemand waarvoor ek omgee. Min mense sien egter hierdie kant van my omdat ek dit versteek agter ‘n front.
Dit is maklik om te sê “moenie jou aan hulle opinie steer nie”, maar nadat jy dit herhaaldlik hoor, dink jy tog daar steek waarheid in hulle woorde.
Ander se woorde laat jou begin twyfel in jouself, laat jou die negatiewe dinge glo wat hulle sê..

As ek na vier jaar terugkyk, kan ek nie glo ek was daardie positiewe mens, die optimis nie. Na verkeerde verhoudings, ander se herhaaldlike woorde om jou te verander, kan ek eerlik sê ek is nie meer dieselfde mens nie.

1 thought on ““Ek wil nie attached raak nie, jy weet?”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this:
Enable Notifications    Ok No thanks