Foto: Canva

Ek, myself en ek

“Ek is ‘n supervrou! Super ma! Super mens! Met drome!Baie drome!”

Hierdie is seker een van die moeilikste dinge waarmee ons vrouens daaglik struikel. Wie is ek? Is ek gelukkig?Hhoe kry ek myself om gelukkig te wees? Wat wil ek in die lewe vir myself hê? Al die klomp vrae wat daagliks in ons koppe skommel.

Ek as vrou voel altyd of ek myself moet bewys! ‘n Beter vrou wees vir my man, ‘n beter ma wees vir my kinders, ‘n goeie werker by my werk. Als om net te voel ek is goed in iets. Maar tog, om eerlik te wees, voel ek dat ek meer kan bereik in my lewe al is ek ‘n ma, vrou en kollega. Ek het heeltyd die hunkering in my om iets met my lewe te doen. Maar wat? Wie gaan my ernstig opvat, wie gaan ‘n doodgewone ma wil help haar drome volg? En daar is so baie mense daar buite wat glo ‘n ma, vrou, behoort net daai rol te vul. Dat daar nie vir ons ‘n plek is om ook drome te hê nie. Dit maak seer! Ek het baie drome en kan steeds ‘n goeie ma en vrou wees. En ek glo met my hele hart dat daar so baie vrouens is wat ook drome het, maar net te bang is om dit te volg.

En dan laat vaar ek maar weer die drome en gaan aan met al my daaglikse supervrou dinge. Ek is nie iemand wat regtig vriende naby my toelaat nie. Rede daarvoor is mense maak seer, baie seer. Ek is doodtevrede om net werk toe en huis toe te gaan. By my huis saam my huisgesin is ek veilig met my hart. Ek as vrou het nog niks maklik in my lewe gekry nie, ek moes hard werk vir als wat ek vandag het en ek werk steeds baie hard. Maar van kinderdae af het ek besluit om iets te doen en dan het ek gegaan daarvoor en meestal ‘n sukses gemaak daarvan.

Ek het as ma in 2013 eers my matriek gaan skryf. Dit was moeilik. My kind het eksamen geskryf , ek het gewerk en eksamen geskryf. Maar ek het dit gedoen en nie om omstandighede of my verlede die skuld gegee vir als nie. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Ek het al soveel bereik in my lewe! Ek sal eendag kan terugkyk oor al die goeie in my lewe.

Dit klink seker nou of ek heeltyd net oor myself praat hier, maar ek glo daar is vrouens daar buite wat presies voel soos ek nou voel!

Ek is ‘n supervrou! Super ma! Super mens! Met drome!Baie drome!

6 thoughts on “Ek, myself en ek

  1. Very good article! We are linking to this particularly great content on our site. Keep up the great writing.

  2. Dis baie waar. Min vrouens kry die geleenheid om hul passie te volg. Baie vul net d rol van vrou en ma wees en daarmee is ook niks verkeerds ni, maar iemand het een keer iets besonders vir my gese: as jy as ma tyd maak vir jou eie passie in d lewe dan leer jy jou kinders deur jou voorbeeld dat jy en jou drome is ook belangrik en dat eie drome en passies is vir elkeen belangrik om n gebalanseerde mense te wees. Dan leer hul ook om na drome te streef en tyd te maak vir d dinge waarvoor hul lief is. Ons as mens kan nie net werk aleen nie, ons het nodig om die mooi in d lewe ook aandag te gee en voor te leef. Dis d dinge wat jou balanseer en gelukkig maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: