Die pad na vryheid

Walk to freedom is ’n besonderse geestelike-staproete in Douglas in die Noord-Kaap, waar jy nie net stap nie, maar dit ook ’n groot verandering in jou as persoon kan ervaar. Dit is ’n staproete waartydens die klippe vir jou ’n boodskap bring. Op elke klip is ’n boodskap uit die Bybel geskryf.

Roete van as na hoop

In 2013 het Adré Engelbrecht die staproete begin. Dit is die jaar wat Nelson Mandela dood is en Adré sê die “walk to freedom” spreekwoord het regtig by haar posgevat. “Ek het Woord by die Vader in Habakuk 2: 2-3 gekry.”

Sy het in Desember begin om die klippe te verf en sy en haar man het op 31 Desember die kruis op die koppie opgerig. Die kruis is die middelpunt van als.

“Die roete begin in die ashoop, soos meeste van ons se lewens. Elke persoon kry ’n papier waarop jy alles kan neerskryf wat jou op die ashoop hou, soos ’n onvergewensgesindheid, onvergenoegdheid, enigiets wat jou op die ashoop van die lewe hou.”

“Die papiere word dan uitgebrand soos wat jy die ashoop verlaat en op die klip by die blik waar die papiere gebrand word, staan daar: “He will give you beauty for your ashes.”

Die roete gaan dan verder deur fases waar mens ’n verskeidenheid boodskappe uit die Bybel ontvang. Dit is ’n pragtige staproete in die natuur. Sekere gedeeltes van die roete stap jy alleen en ander stap jy saam met ander mense. Daar word ook by die rivier gesit en gesels.

“Daar is baie profetiese aksie wat op die staproete plaasvind. Die roete eindig by die kruis op die koppie.”

“Jy kry dan die voorreg om ook op ’n klip te skryf en dit wat op jou hart is by die Here se voete neer te lê.”

Die roete word afgesluit met die blaas van die ramshoring.

Deur Tania Coetzee

2 thoughts on “Die pad na vryheid

  1. 142783 196625Heya just wanted to give you a brief heads up and let you know several with the pictures arent loading properly. Im not positive why but I feel its a linking concern. Ive tried it in two different internet browsers and both show exactly the same outcomes. 914190

  2. 148881 463107I dont believe Ive seen all the angles of this subject the way youve pointed them out. Youre a true star, a rock star man. Youve got so a lot to say and know so a lot about the topic that I think you ought to just teach a class about it 310488

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this:
Enable Notifications    OK No thanks