Die oefenwêreld gons oor HIIT

Wat is HIIT? In Engels word dit genoem high-intensity interval training en het in die fiksheids- en mediese wêreld bekend geword as een van die doeltreffendste maniere om kardiovaskulêre gesondheid, respiratoriese uithouvermoë en metaboliese funksie te verbeter.

Navorsing toon dat HIIT-oefeningsessies help om vet in ‘n kort tydjie te verbrand en om die liggaamlike prestasie van atlete te verbeter.

Trouens, HIIT-oefensessies het die vermoë om jou liggaam en liggaamlike vermoëns te omskep. Hierdie sessies het ‘n uitwerking op die volgende:

  • Jou kardiovaskulêre gesondheid en uithouvermoë.
  • Die vermoë van jou liggaam om suurstof optimaal te gebruik.
  • Jou hormoonvlakke.

Hoë-intensiteit-interval-oefening is ‘n soort oefening wat herhaalde kort oefeninge met hoë intensiteit behels, gevolg deur kort herstelperiodes. Hierdie oefeninge word verskeie kere in ‘n ry herhaal, gewoonlik vir tussen 20 en 30 minute.

Twee topvoordele van HIIT-oefensessies is dat jy, afhangende van die tipe wat jy kies, die oefensessies in die gemak van jou eie huis kan doen sonder ‘n afrigter of gimnasium. Hierdie oefeninge werk op alle dele van jou liggaam.

Lees die volledige tydskrif hier:

Follow by Email
Instagram
%d bloggers like this: